Herwinningsinisiatiewe kan waterskaarste in …
Die Stad Kaapstad se rampbestuursentrum het Vrydag gesê uitgebreide oorstromings het in die stad se noordelike voorstede voorgekom waaronder Goodwood, Parow, Ravensmead, Belhar en Bellville-Suid. Die reënval het ook met stormsterk winde gepaardgegaan en in die Sir Lowry’s Pass-nedersetting is dakke afgewaai en ʼn paar eiendomme beskadig.